Diesel rabat: Toelaatbare en nie-toelaatbare dielsel rabat eise

Nie-toelaatbare diesel eise kan jou in groot moeilikheid beland en meer aandag vestig op jou as wat jy nodig het.

1. Toelaatbare diesel eis (volgenS die VAT DR 03 en “Draft schedule 6 part 3”)
Die toelaatbare diesel eis sluit diesel in wat:
• Primêr gebruik word vir alle boerdery produksie-aktiwiteite op die plaas;
• (AA) Verbruik word vir die verbouing van gewasse, oes daarvan en die stoor van die gewasse op die plaas.
• (BB) Tuinbou, weiding en byeboerdery.
• (CC) Die teel van vis in damme en die boer van oesters.
• (DD) Die teel en versorging van diere en reptiele.
• (EE) Die teel en versorging van ren- en skou perde asook die vervoer daarvan.
• (FF) Die skeer, sny van hare, vag van vee en die melk van lewendehawe.
• (GG) Die vervoer van lewendehawe na die plaas vir speen doeleindes.
• (HH) Die versorging van lewendehawe.
• (JJ) Baal van hooi.
• (KK) Die plant en versorging van vrugte bome.
• (LL) Enige aktiwiteit wat onderneem word om die grond of water te bespaar.
• (MM) Die uitvoering van brandbestryding aktiwiteite.
• (NN) Die oprigting of onderhoud van heinings.
• (OO) Die maak en instandhouding van brandbane.
• (PP) Die diens, instandhouding of herstel van voertuie en toerusting vir die verbruik in ‘n boerdery. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (QQ) Die bou of instandhouding van skure, hokke, silo’s of kuilvoer put vir die gebruik in ‘n boerdery.
• (RR) Die bou of instandhouding van damme, watertenks, waterkrippe, waterkanale, besproeiing stelsels of dreineringstelsels, insluitend waterpype en waterleidings vir die gebruik in ‘n boerdery. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (SS) Die uitvoering van grondwerke met die oog op ‘n boerdery, wat op die plaas plaasvind.
• (TT) Die soek van grondwater vir die gebruik in ‘n boerdery, of die bou en instandhouding van fasiliteite vir die onttrekking van sodanige water.
• (UU) Die pomp van water hoofsaaklik vir die gebruik vir boerdery doeleindes.
• (VV) Die verskaffing van water hoofsaaklik vir die gebruik in die boerdery aktiwiteit.
• (WW) Die berging van boerderyprodukte.
• (XX) Die verpakking of voorkoming van agteruitgang van landbouprodukte. Die aktiwiteit mag sleg op die plaas plaasvind.
• (YY) Onkruid-, plaag-, of siektebestryding.
• (ZZ) Jag of vang wat as deel van die boerdery uitgevoer word, insluitend die berging van die karkasse en velle.
• (AAA) Wildboerdery, maar ontspanningsaktiwiteite soos wild kyk en akkommodasie word uitgesluit.
• (BBB) Die opwekking van elektrisiteit.
• (CCC) Die gebruik van lokomotiewe vir die vervoer van goedere per spoor op die plaas eiendom.
• (DDD) Voedsel bestuur op die plaas eiendom.

Die bogenoemde aktiwiteite kwalifiseer slegs vir die terugbetaling indien dit vir eie primêre produksie in die boerdery deur die gebruiker of deur die kontrakteur van die gebruiker op ‘n droë basis gebruik word.

Daar word in die wet onderskeid getref met betrekking tot vervoer en kontrakteurswerk tussen ʼn droë en nat basis. Die droë basis is wanneer die boer diesel aan die kontrakteur verskaf en waar die dieselrabat wel geëis kan word vir die diesel wat gebruik is.

Die nat basis is wanneer die kontrakteur self die diesel verskaf en die boer daarvoor gefaktureer word. In die laasgenoemde geval mag die diesel rabat nie terug geëis word nie.

2. Nie-toelaatbare diesel eis
• Diesel wat gebruik word vir die vervoer van arbeiders van een plaas na die volgende;
• Diesel wat gebruik word vir die vervoer van arbeiders van en na hulle huise;
• Diesel wat gebruik word om jou inrypad te bou of reg te maak / onderhou;
• Diesel wat gebruik word om na die lisensie kantore en toetsgronde te gaan;
• Diesel wat gekoop is om weer te verkoop;
• Diesel wat gebruik word deur ʼn kontrakteur indien die kontrakteur self die diesel voorsien;
• Diesel wat gesteel word;
• Diesel wat gebruik word vir alle ander aktiwiteite wat nie vir die primêre boerderyproduksie gebruik word nie;
• Wanneer ʼn boerderybedryf en ʼn vervoer besigheid as een entiteit bedryf word, mag die diesel wat gebruik word vir die vervoerbesigheid nie geëis word nie.
• Diesel verbruik deur bakkies op die plaas wat nie ‘n “start stop” logboek het nie.
• Diesel verbruik deur die vragmotor wat leeg terugry plaas toe nadat die produkte by die verkooppunt afgelaai is.

3. Die dielsel rabat oudit
‘n Diesel oudit is eintlik ‘n “gevaarlike proses” waaran die boer onderhewig is, want as dit verkeerd loop, kan dit hom duur te staan kom. Ons beveel aan dat, sodra u die “letter of intention” ontvang, u dan al u boekhouer, of iemand wat gekwalifiseer is, raadpleeg om te verseker dat u die korrekte inligting aan die SAID verskaf.

Lees hier die wenke wat Dee Bezuidenhoud (www.thevatlady.co.za) gee oor ‘n rabat oudit:
• Hoe om voor te berei vir die diesel oudit
• Wat gebeur na die oudit ingedien is
• Hoe om te appelleer teen die uitkoms van die oudit

Hoe om voor te berei vir ‘n diesel oudit
• Dit is belangrik om deurlopend alle voorraad en logboek rekords op datum te hou sodat akkurate diesel eise elke maand/periode ingedien kan word.
• Die SAID-amptenare verkies die voorraad en logboek rekords in excel formaat, maar vra soms dat die hand geskrewe logboek aan hulle gestuur word. In die geval waar ‘n “dirty logbook” gebruik word by die diesel tenk, moet elke maand sin in excel beskikbaar moet wees en die oorspronklike logboek waarop daar ingevul is ook gehou word (dit is weereens een van die vangplekke wat SAID boere vang. Die wet sê dat dit “written” logboeke moet wees en nie noodsaaklik “hand written” nie).
• Indien akkurate rekords vir elke maand of periode gehou word kan dit dan ingedien word aan die SAID indien daar ‘n dieseloudit is.

4. Wat gebeur nadat die oudit ingedien is
• Nadat die oudit ingedien is doen die SAID-amptenaar sy berekeninge en bepaal of wetgewing rondom toelaatbare en nie-toelaatbare diesel liters nagekom is. Indien die amptenaar voel dit is nie nagekom nie of hy het nie voldoende inligting wat die aktiwiteite beskryf nie, skryf hy daardie liters af.
• Nadat die amptenaar sy oudit afgehandel het sal die boer ‘n “working schedule” en ‘n “letter of intent” ontvang. In die “working schedule” word die uitkoms van die oudit en die berekeninge van die amptenaar en die hoeveelheid liters wat afgeskryf word as nie-toelaatbaar aangedui.

5. Hoe om te appeleer teen die uitkoms van die oudit
• Die boer het 21 werksdae vanaf die datum van die “letter of intent” om te appelleer teen die uitkoms van die oudit. Indien die boer appelleer teen die uitkoms sal daar vêrdere dokumente en inligting benodig word.
• Sodra die SAID enige bykomende dokument in ag geneem het, en hul bevindings afgehandel het, word ‘n “letter of demand” uitgereik. En dit is waar dinge baie verkeerd kan loop. Tydsberekening is noodsaaklik.
Sodra u die “letter of demand” ontvang het, het u 30 werksdae om appél aan te teken teen die SARS bevindings.

NB: HIERDIE IS NIE REGSADVIES NIE, HANTEER DIT ASB SLEGS AS RIGLYNE. 


Fuel-Check

We’ve designed the Fuel-Check system specifically for farmers who want to manage their fuel usage on a basic level, without compromising on useful management information.

No complicated, expensive fuel gauges, GPS equipment or internet connection is needed.

A lot of time was spent to make it easy to enter the data from your log books into the program.

Our Blog

Checkout our articles

Contacts us

Crop Metrix is a leading technology company in the agricultural industry offering farm fuel management and irrigation cycle management solutions.

Turning your farming data into actionable management information.

© CropMetrix 2022 - All Rights Reserved